Headline
Leeupoort: Bosveld Avontuur
Die besoekers aan Leeupoort natuurreservaat in die bosveld het `n paar dinge om te onthou wanneer hulle gemaklik wil ontspan. Midweek besoekers wat `n hele paar dae gaan uitspan in die bosveld moet beslis gemaklike klere, hoed en gemaklike skoene saamneem want jy kan heerlik stap tussen die huise wat uitmekaar gelee is. Jy kan voetslaan of met jou eie voertuig deur die reservaat ry. Die midweek besoekers sal vind dat hulle nader aan die wilde diere kan ry wanneer hulle rondry omdat daar minder beweging van mense en voertuie is. Dit is wanneer jy pragtige fotos uit jou motor kan neem. Wat is lekkerder as om die rooibokke so 20 meter van jou af te sien blaartjies van die kruisbessiebos vreet. Wat is lekkerder as om 5 meter … Read entire article »
Featured
Leeupoort: Gemerkte Bome ( Deel 6 )
Advert: Advertise Here at R60 per Month for a 10% ad share. Contact Us. 600x15 Text Adds = 100 Characters per Line Uittreksel uit die Leeu se Brul, saamgestel deur Yvonne en … Read more »
Leeupoort: Gemerkte Bome ( Deel 5 )
ryp,Uittreksel uit die Leeu se Brul, saamgestel deur Yvonne en geskryf deur Philip du Plessis van Leeupoort. Lekkerruikpeul-179 ‘n Entjie verder aan is ‘n voorbeeld van ‘n klein Lekkerruikpeul op regterhand. Op Leeupoort kom … Read more »
Toerisme Inligtingskantoor
Leeupoort is ongeveer twee uur se reis vanaf Gauteng en bied aan die besoeker ‘n malariavrye besoek binne die wêreld-bekende Waterberg Biosfeer. Die omgewing het warm somer maande en matige wintersdae en … Read more »
Popular
Unit 12 - Ifafa Str 732
Naam van Eenheid: Ifafa 732 (Sien Leeupoort Kaart vir Ligging) Dis `n belewenis om Leeupoort te besoek; tuis … Read more »
Unit 18 - Vingerpol Str 383
Naam van Eenheid: Dique Huis (Sien Leeupoort Kaart vir Ligging) Kom beleef `n onvergeetlike wegbreek kans in die … Read more »
Unit 10 - Karee Str 23A
Naam van Eenheid: Karee A (Sien Kaart vir Ligging) Ideaal vir `n familievakansie binne `n natuurreservaat in die … Read more »
Latest
Leeupoort: Stappers in die Reservaat
Dit is `n wonderlike ervaring om met `n wandelstok deur die reservaat te stap en kort-kort wilde bokke te kry. Jy kom net nie so naby soos wanneer jy met `n voertuig ry nie maar dit is wonderlik om te stap want, en jy neem baie meer waar wat om jou aangaan. Met die voëlboek en boomboek aan jou sy vind jy ure se plesier. Omdat daar `n groot verskeidenheid bome op Leeupoort is kry jy ook `n groot verskeidenheid voëls op Leeupoort- bome en voëls loop hand aan hand. Die kuifkophoutkapper wat aan die wildesering kap trek jou aandag lang voor jy hulle waarneem. Dit is wonderbaarlik om te sien hoe daardie voël … Read entire article »
Leeupoort: Selfsorg in die Bosveld
Die tariewe vir midweek is billik en afgetredenes kan beslis baat vind daarby. Selfsorg maak dit ook gerieflik want jy doen jou ding wanneer jy wil en soos jy wil. Hier op Leeupoort moet jy nie dink om slegs gedurende die oggende en agter middae wild te gaan kyk nie maar enige tyd van die dag kry jy wild. Die wilde diere loop ook tussen die huise rond. Die zebras is besonder mak en kom kuier vir jou by die huise. Die mense gee vir hulle brood of wortels deur die traliewerk by die skuifdeur. Die vlakvarke is net so mak en `n mens moet maar versigtig wees want wilde diere kan mens seermaak as jy … Read entire article »
Leeupoort: Rooikophoutkapper
Black-collared Barbet Lybius torquatus Die rooikophoutkapper is een van die wyd verspreidste voëls binne die Lybiidae-familie en kom meestal in boswêreld voor met sy kenmerkende helder rooi kop. Die sang is ook kenmerkend wat gewoonlik uitgeken word as ‘n duet tussen die mannetjie en wyfie. Die rooikophoutkapper is gewoonlik te siene as paartjies, hoewel dié spesie saam met ander pare of ouer nageslagte oornag binne-in uitgeholde boomstompe buite die broei seisoen. Sulke stompe kan vir jare na mekaar gebruik word vir die doel. Rooikophoutkappers is aggresief teenoor ander voëls waar daar op vrugte gevoer word. Soosmeeste voëls vreet die rooikophoutkapper ook insekte, ‘n waardevolle bron van protiëne. Hul dieet sluit vrugte soos dié van Ficus spp. (vye) en Syzygium … Read entire article »
Leeupoort: Muishondjies
Die gebande muishonde het verlede week, Donderdag so teen 4 nm by Ifafa 732 besoek afgelê. Daar was ongeveer 40 van hulle- groot en klein. Hulle het gestoei en gespartel om eeste die broodstukkies wat ons vir hulle gegooi het in die hande te kry. Hierdie diertjies loop die hele wereld vol en soek kos by die inwoners. Hulle eet byna enige iets. Ons het vir hulle al tot appels en hoender eiers gegee. Die swart dwerg muishondjies begin nou al net so mak word soos die gebande muishonde. Hulle is so klein dat hulle nie eers `n hoender eier kan breek om te eet nie. Daar woon twee van hulle in Reina se huis. Hulle is so … Read entire article »
Leeupoort Gaste
Ons het `n uitsonderlike gas, Henry Schlebusch, en sy familie van 5 gehad by Ifafa 732. Hulle het met twee voertuie kom kuier en die een was `n 1950 Chev Corvair wat hy destyds vir £200 (R400) gekoop het. Dit beteken jy kan nie eers `n motor se band vir R400 koop nie en hulle het `n hele motor daarmee gekoop. Leeupoort akkommosasie groete, Christo Share with Friends - Deel met Vriende … Read entire article »
Leeupoort: Gemerkte Bome ( Deel 6 )
Uittreksel uit die Leeu se Brul, saamgestel deur Yvonne en geskryf deur Philip du Plessis van Leeupoort. Doppruim-433 Op die onderste hoek van Aandblom is ‘n Doppruim gemerk. Baie Doppruime kom in Leeupoort voor. Die vruggies is rond en wanneer die doppies oopspring word die oranjerooi vrugvleis blootgelê. Die vruggies is baie smaaklik maar ‘n mens is gelukkig as jy hulle voor die voëls en die ape in die hande kry. Omdat die voëls so baie van hulle eet en versprei, kom hulle oral in ons tuine voor. Veral bosveldpapegaaie is baie lief vir die vruggies van die Horingpeultjie. Dopperkiaat-237 Net voor jy by hek van die reservaat ingaan, staan ‘n mooi Dopperkiaat op regterhand. Hierdie bome word gewoonlik teen … Read entire article »
Leeupoort: Bosveld wegbreek
Jy word wakker en hoor die fisante en sodra jy by die vensters of by die deur uitkyk sien jy wild wat op die gras wei of met die pad verby stap. Verder kan jy stap en ook wild en voëls kyk en jy kan ook in die motor klim en wild gaan besigtig tussen die huise of in die reservaat. `n Naweek se wegbreek is goeie medisyne vir `n mens om weg te breek van die werk en stress. Die rustigheid op Leeupoort is die ware jakob. Wegbreek groete, Christo. Share with Friends - Deel met Vriende … Read entire article »
Unit 16 – Bergroos Str 84
Naam van Eenheidt: Vd Merwe Huis (Sien Leeupoort Kaart vir Ligging) Lus om weg te breek vir `n paar dae na `n stil plek net om die draai? Ons het net die regte bosveld paradys binne `n natuur reservaat. Kom ontspan in die bosveld met sy lieflike aande rondom die kampvuur waar die katlagters jou kom groet net voor dit begin … Read entire article »
Leeupoort: Wilde Diere
Ons ry teen die grensdraad op en asof uit die niet verskyn die eerste koedoebul in die pad. Ons hou stil en die volgende bul kom uit die bos en stap ook in die pad. Weereens verskyn die derde bul en sekondes daarna verskyn die vierde groot koedoebul. Hulle was so 30 meter voor ons en hulle stap ewe rustig … Read entire article »
Leeupoort: Gemerkte Bome ( Deel 5 )
ryp,Uittreksel uit die Leeu se Brul, saamgestel deur Yvonne en geskryf deur Philip du Plessis van Leeupoort. Lekkerruikpeul-179 ‘n Entjie verder aan is ‘n voorbeeld van ‘n klein Lekkerruikpeul op regterhand. Op Leeupoort kom heelwat groot Lekkerruikpeulbome voor maar hierdie is die enigste een langs Kameeldoring-weg. Hierdie bome word die maklikste uitgeken aan hul peule of vrugte. Die peule het vratagtige saadskilde met ‘n sterk, soet vrugtegeur wat ontwikkel soos hulle ryp word. Die dorings is ook kenmerkend teruggekrom vanaf ‘n gemeenskaplike basis. Sekelbos-190 Regoor Gifblaar op linkerhand staan ‘n sekelbos. Hierdie boom is in die bosveld berug vir sy vermoë om papwiele te veroorsaak. Sekelbos neem oorbeweide dele en ou lande oor waar die natuurlike gras verwyder … Read entire article »
Leeupoort: Bruin Hiena
Die bruin hiëna is weer waargeneem. Die dier is bang vir mense en `n ou sien hom nie maklik nie. Indien iemand die ou sien moet hulle vir Johan Koekemoer daarvan vertel sodat hy op hoogte kan bly van die bewegings van die hiëna.Dit is `n sku dier en bly gewoonlik in die bos en kom laat agtermiddae uit die bos.Hulle val nie mense aan nie en hadloop gewoonlik weg. Leeupoort groete, Christo Share with Friends - Deel met Vriende … Read entire article »
Leeupoort: Bosveld Wegbreek
Dit is wonderlik om te sien hoe vinnig die bome begin groen word met die somer wat in aantog is wat die natuur laat ontwaak. Die verskillende skakerings van groen is fantasties en hoe meer jy soek en konsentreer op al die skakerings van groen hoe meer skakerings van groen sien jy. Wanneer jy stap dan raak jy daarvan bewus hoe wonderlik die Here die natuur geskape het en dat die bosveld tog te wonderlik is met die groot verskeidenheid bos en elke boom en struik met sy eie soort van groen. `n Groot gros mense smag daarna om die wonderlike natuur in die vroëe lente te beleef. Jy wil wegkom van die mense se gewoel en … Read entire article »
Leeupoort: Wegbreek Vakansie
Die weer is wonderlik vir elkeen wat hou van afkoel in die swembad. Hier is twee groot swembaddens op verskillende plekke op Leeupoort en dan is daar ook klein swembaddens by van die verskillende chalets. So het Ifafa 732 ook sy eie sundowner swembad vir die gesin. Dit is by die braai net agter die chalet. So `n wegbreek bring lafenis vir `n mens se siel en liggaam en jy waardeer die rustigheid asook die bosveld geluide. Wanneer die son sy kop wegtrek en dit word skemer hoor jy nog die vangertjie wat aanhou met sy geroep. Die fisante skree ook vir mekaar tot dit al redelik donker is. Wanner jy so rustig by die kole … Read entire article »





